Exodus 7:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie; soos die HERE gesê het.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het egter hardkoppig gebly. Hy wou nog steeds nie na hulle luister nie. Dit was presies net soos die Here gesê het dit sou gebeur.
Afrikaans 1933/1953 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die HERE gespreek het.
Afrikaans 1983 Tog het die farao koppig gebly en nie aan hulle versoek gehoor gegee nie, net soos die Here vooraf gesê het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die farao se hart was egter verhard en hy het nie na hulle geluister nie, soos die Here gesê het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die farao het hardkoppig gebly en hy het nie na Moses en Aäron geluister nie. Dit was soos die Here gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het nogtans hardkoppig gebly, soos die Here gesê het dit sou gebeur. Hy het geweier om na Moses-hulle te luister.