Exodus 7:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Farao ook die wyse manne en die towenaars geroep; nou het die towenaars van Egipte ook net so met hulle towerye gedoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die farao het toe sy wyse manne en towenaars nadergeroep. Hulle het met hulle kunsies presies dieselfde ding gedoen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop laat Farao ook die wyse manne en die towenaars roep; en hulle, die Egiptiese towenaars, het ook dieselfde gedoen met hulle towerkunste: |
| Afrikaans 1983 | Die farao roep toe ook sy manne bymekaar wat dié soort ding ken, sy goëlaars. Dié Egiptiese towenaars doen toe met hulle towerkunste presies dieselfde: |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die farao roep toe op sy beurt die wyse manne en towenaars, en ook hulle, die Egiptiese waarsêerpriesters, het dieselfde gedoen met hulle towerkuns. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die farao roep toe die slim manne en towenaars van Egipte, en hulle het dieselfde gedoen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die farao laat toe sy towenaars kom. Hulle doen toe presies dieselfde ding. |