Exodus 7:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En Moses en Aäron het by Farao ingegaan, en hulle het gedoen soos die HERE beveel het; en Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses en Aäron het met die farao gaan praat. Hulle het net so gemaak soos die Here vir hulle gesê het. Aäron het sy herderstok voor die farao en sy hofamptenare neergegooi en dit het in ’n slang verander. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword. |
| Afrikaans 1983 | Toe Moses en Aäron by die farao kom, het hulle gedoen wat die Here beveel het: Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi en dit het in 'n groot slang verander. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses en Aäron het toe na die farao gegaan en gemaak soos die Here beveel het. Aäron het sy staf voor die farao en voor sy amptenare neergegooi, en dit het 'n slang geword. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Moses en Aäron by die farao kom, het hulle gedoen wat die Here vir hulle gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en voor sy amptenare op die grond gegooi, en dit het in 'n slang verander. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses en Aäron het toe by die farao aangekom en presies net so gemaak soos die Here gesê het. Aäron het sy kierie voor die farao en sy amptenare neergegooi. Dit het in ’n slang verander. |