Exodus 7:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek het jou 'n god vir Farao gemaak, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar die Here het vir Moses gesê: “Let op, Ek sal jou soos ’n god laat wees teenoor die farao. Jou broer, Aäron, sal jou boodskapdraer wees. Hy sal jou woorde aan die farao oordra.
Afrikaans 1933/1953 En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.
Afrikaans 1983 Maar die Here antwoord hom: “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aäron sal jou woordvoerder wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het egter vir Moses gesê: “Kyk, Ek maak jou 'n god vir die farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir Moses gesê: “Jou broer Aäron moet alles sê wat jy vir hom sê, soos 'n profeet sê wat God vir hom sê.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê toe vir Moses: “Let op, Ek gaan jou soos ’n god vir die farao maak. Jou broer Aäron sal soos iemand maak wat God se boodskap vir mense bring. Hy sal jou woorde vir die farao gaan oordra.