Exodus 6:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Ek sal julle na My toe neem as 'n volk, en Ek sal vir julle 'n God wees; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is wat julle onder die laste van die Egiptenaars uitlei.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek maak julle my eie volk. Ek sal julle God wees. Julle sal weet dat dit Ek, die Here julle God, is wat julle van die slawewerk in Egipte bevry het.
Afrikaans 1933/1953 En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE.
Afrikaans 1983 Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek sal julle bring na die land, waaroor Ek my hand opgehef het om dit aan Abraham, aan Isak, en aan Jakob te gee, en Ek sal dit aan julle as eiendom gee. Ek is die Here. ’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het vir Abraham, Isak en Jakob belowe dat Ek vir hulle 'n land sal gee. Ek sal julle na daardie land neem en Ek sal dit vir julle gee. Dit sal julle land wees. Ek is die Here.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sal julle bring by die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dié land julle eie land maak. Ek is die Here.’”