Exodus 6:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn in die Naam van God, die Almagtige, maar deur my Naam JAHWEH is ek nie aan hulle geken nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het My aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as ‘God die Almagtige’. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het; |
| Afrikaans 1983 | Tog het Ek my verbond met hulle gemaak, naamlik om die land Kanaän aan hulle te gee, 'n land waarvan hulle nie burgers was nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het ook my verbond met hulle tot stand gebring, om vir hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle tydelike verblyf waarin hulle •vreemdelinge was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek het 'n verbond gemaak met hulle en Ek het belowe om die land Kanaän vir hulle te gee, die land waar hulle vreemdelinge was. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het ook met hulle ’n ooreenkoms gesluit. Ek het hulle belowe om die land Kanaän, waarin hulle net vir ’n tydjie oorgebly het, uiteindelik vir hulle te gee as hulle eie land. |