Exodus 6:24 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die seuns van Korag; Assir en Elkana en Abjasaf: dit is die geslagte van die Korgiete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Korag se nageslag was Assir en Elkana en Abiasaf. Hulle is onder die afstammelinge van Korag ingedeel. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Ele sar, die seun van Aäron, het vir hom een van die dogters van Putiël as vrou geneem; en sy het vir hom P¡nehas gebaar. Dit is die familie-hoofde van die Leviete volgens hulle geslagte. |
| Afrikaans 1983 | Aäron se seun Eleasar het met een van die dogters van Putiël getrou, en hulle seun was Pinehas. Dit was dan die familiehoofde van die stam Levi en hulle nageslagte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Eleasar, die seun van Aäron, het een van die dogters van Putiël vir hom as vrou geneem, en sy het aan Pinehas geboorte gegee. Dit was die familiehoofde van Levi volgens hulle familiegroepe. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Aäron se seun Eleasar het getrou met 'n dogter van Putiël, en hulle het 'n seun gehad. Sy naam was Pinehas. Dit was die familiehoofde van die Leviete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Eleasar, Aäron se seun, het met ’n dogter van Putiël getrou. Hulle het ’n seun, Pinehas, gehad. Dit was die verskillende leiers uit die familie van Levi. |