Exodus 6:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle bevel gegee aan die kinders van Israel en aan Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het nogtans vir Moses en Aäron die opdrag gegee om terug te gaan na die farao, die koning van Egipte, toe en die Israeliete uit Egipte weg te lei. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit is die hoofde van hulle families. Die seuns van Ruben, die eersgeborene van Israel: Henog en Pallu, Hesron en Karmi; dit is die geslagte van Ruben. |
| Afrikaans 1983 | Die volgende mense was leiers in die familie van Moses en Aäron: Ruben was die oudste seun van Israel. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Hulle was die familiehoofde van die stam Ruben. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit was die familiehoofde: Die seuns van Ruben, eersgeborene van Israel, was Ganog, Pallu, Gesron en Karmi. Dit was die familiegroepe van Ruben. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hier is die name van die leiers van die families. Jakob se oudste seun was Ruben. Ruben se seuns was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi. Dit was die Ruben-familie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hier volg nou ’n lys van die leiers van die verskillende groot families in Israel: Ruben was Jakob se oudste seun. Sy seuns was Ganok en Pallu, Gesron en Karmi. Hulle was die leiers van Ruben se afstammelinge. |