Exodus 6:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: Kyk, die kinders van Israel het na my nie geluister nie; hoe sal Farao dan na my luister, wat onbesnede van lippe is?
Afrikaans (NLV) 2011 “Maar, Here,” het Moses geprotesteer, “die Israeliete luister nie eers na my nie, hoe sal die farao dan na my luister? Ek struikel oor my woorde.”
Afrikaans 1933/1953 Daarop het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
Afrikaans 1983 Nogtans het die Here vir Moses en Aäron na die Israeliete en na die farao, die koning van Egipte, toe gestuur met die opdrag om die Israeliete uit Egipte te bevry.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here het egter met Moses en Aäron gepraat en hulle opdragte gegee oor die Israeliete, en oor die farao, die koning van Egipte, om die Israeliete uit Egipteland te lei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die Here het met Moses en Aäron gepraat en Hy het hulle na die Israeliete toe gestuur, en na die farao toe, die koning van Egipte. Die Here het vir Moses en Aäron gesê hulle moet die Israeliete uit Egipte bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here het nogtans weer ’n keer met Moses en Aäron gepraat en hulle weer na die Israeliete en na die koning van Egipte, die farao, toe gestuur om te eis dat hy die Israeliete uit Egipte moet laat wegtrek.