Exodus 5:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Laat nog meer werk op die manne gelê word, dat hulle daarin kan arbei; en laat hulle nie ag op ydele woorde nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Maak die werk nog swaarder vir die mans. Laat hulle sweet sodat hulle nie sulke slimstories kan uitdink nie.”
Afrikaans 1933/1953 Laat die werk swaar druk op die manne, dat hulle daarmee besig kan wees en nie op leuenagtige woorde let nie.
Afrikaans 1983 Die werk moet vir die manne so swaar wees en hulle so besig hou dat hulle nie hulle ore uitleen vir allerhande leuens nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die werk moet so swaar druk op die manne dat hulle daarmee besig bly en nie aandag gee aan 'n klomp leuens nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet die werk swaar maak vir die manne, sodat hulle kan werk en nie tyd het om te luister na leuens nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak die werk vir die mense nog moeiliker. Hulle moet te besig wees om nog sulke slimstories uit te dink.”