Exodus 5:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die verhaal van die bakstene wat hulle tot dusver gemaak het, moet julle daarop lê; julle mag niks daarvan verminder nie, want hulle is ledig; daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan en aan onse God offer. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle moet egter net soveel stene maak soos altyd. Julle mag nie die hoeveelhede verminder nie. Hulle het lui geword. Dis hoekom hulle kom kerm om vir hulle God te gaan offer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar die hoeveelheid bakstene wat hulle gister en eergister gemaak het, moet julle hulle oplê en niks daarvan verminder nie; want hulle is lui. Daarom roep hulle en sê: Laat ons gaan, laat ons offer aan onse God! |
| Afrikaans 1983 | en julle moet van hulle dieselfde hoeveelheid stene as tevore bly eis. Julle mag niks verminder nie! Hulle is net lui, daarom hou hulle aan met neul: ‘Ons wil vir ons God gaan offer.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar dieselfde hoeveelheid bakstene wat hulle voorheen gemaak het, moet julle steeds van hulle vereis. Julle mag dit nie inkort nie, want hulle is luiaards. Dit is waarom hulle uitroep, ‘Ons wil gaan, ons wil aan ons God offer!’ |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | en julle moet vir hulle sê hulle moet soveel stene maak soos voorheen. Hulle mag nie minder stene maak nie. Hulle is lui, dit is hoekom hulle aanhou sê hulle wil vir hulle God offers gaan bring. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar hulle moet nog steeds elke dag net soveel stene maak soos tevore. Julle mag nie toelaat dat hulle minder maak nie. Hulle het lui geword. Dis hoekom hulle met hierdie storie kom dat hulle hul God wil gaan aanbid. |