Exodus 5:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise die woestyn ingaan en aan die HERE onse God offer; dat hy nie oor ons val met pes of met die swaard nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Aäron en Moses het egter volgehou: “Ons het die God van die Hebreërs ontmoet. Laat ons toe om drie dae ver in die woestyn in te trek sodat ons offers vir die Here ons God kan bring. As ons dit nie doen nie, sal Hy beslis siekte of oorlog teen ons laat uitbreek.”
Afrikaans 1933/1953 Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
Afrikaans 1983 Hulle sê toe: “Die God van die Hebreërs het Hom aan ons geopenbaar. Laat ons asseblief drie dagreise die woestyn in trek om 'n offer vir ons God, die Here, te bring, anders tref Hy ons dalk met die pes of die swaard.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê hulle: “Die God van die Hebreërs het Hom aan ons bekend gemaak. Laat ons asseblief drie dagreise in die woestyn ingaan, sodat ons aan die Here ons God kan offer; anders tref Hy ons met pessiekte of die swaard. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses en Aäron sê toe: “Die God van die Hebreërs het aan ons verskyn. Laat ons asseblief in die woestyn ingaan, so ver soos 'n mens in drie dae kan loop. Ons moet vir ons God die Here offers gaan bring, anders sal Hy ons straf, Hy sal siektes en oorlog stuur.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sê toe weer: “Die God van die Hebreërs het met ons gepraat. Gee tog vir ons kans om drie dae lank weg te gaan. Ons wil in die woestyn vir die Here ons God gaan offer. As ons dit nie doen nie, sal Hy ons met siektes en met die dood straf.”