Exodus 5:24 — Compare Translations
4 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Here vir Moses: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao gaan doen: Ek gaan hom dwing om my volk te laat gaan; ja, Ek gaan hom dwing om hulle uit sy land uit weg te jaag.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het toe vir Moses gesê: “Nou sal jy sien wat Ek aan die farao gaan doen; want, gedwing deur 'n sterk hand, sal hy hulle laat gaan; ja, gedwing deur 'n sterk hand, sal hy hulle uit sy land wegjaag.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Nou sal jy sien wat Ek met die farao sal doen. Ek sal hom dwing om die Israeliete te laat gaan. Ja, ek sal hom dwing, en hy sal julle wegjaag uit sy land.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar die Here het vir Moses gesê: “Wag ’n bietjie en kyk wat Ek met die farao gaan maak. Ek gaan hom nie net oorreed om my volk te laat trek nie, maar Ek gaan hom selfs so ver kry dat hy hulle uit sy land sal wegjaag.” |