Exodus 5:23 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want vandat ek by Farao gekom het om in U Naam te spreek, het hy hierdie volk kwaad aangedoen; en jy het jou volk glad nie gered nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vandat ek by die farao gekom het om vir hom te sê wat U van hom eis, het hy hierdie volk net al slegter behandel. U het nog nie ’n ding gedoen om u volk te red nie!” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want vandat ek na Farao gegaan het om in u Naam te spreek, het hy hierdie volk mishandel, en U het u volk glad nie verlos nie. [ (Exodus 5:24) Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur 'n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe. ] |
| Afrikaans 1983 | Van die eerste oomblik af dat ek by die farao gekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk mishandel. Tog het U niks gedoen om u volk te red nie!” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Vandat ek by die farao aangekom het om in u Naam te praat, het hy hierdie volk sleg behandel, en U het glad nie u volk gered nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vandat ek by die farao gekom het om vir hom te sê wat U sê, gaan dit slegter met hierdie volk, maar U help hulle nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van die oomblik af dat ek vir hom gaan sê het wat U wil hê hy moet doen, het hy ons volk net al slegter behandel. U het nog niks gedoen om u volk te red nie.” |