Exodus 5:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hulle sê vir hulle: Die HERE sal julle aanskou en oordeel; omdat julle ons geur 'n afsku gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, om 'n swaard in hulle hand te steek om ons dood te maak.
Afrikaans (NLV) 2011 Die opsigters sê vir hulle: “Die Here sien wat julle aangevang het. Hy sal julle straf vir die gemors waarin julle ons by die farao en sy mense laat beland het. Julle het hulle rede gegee om ons dood te maak.”
Afrikaans 1933/1953 en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.
Afrikaans 1983 sê hulle vir Moses en Aäron: “Mag die Here julle straf omdat julle ons naam sleg gemaak het by die farao en sy amptenare en vir hulle 'n swaard in die hand gegee het om ons mee dood te maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hulle sê toe vir hulle: “Mag die Here julle raaksien en oor julle oordeel, omdat julle ons aanstootlik gemaak het in die oë van die farao en sy amptenare, deur 'n swaard in hulle hand te plaas om ons dood te maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die voormanne het vir hulle gesê: “Ons bid dat die Here julle moet straf, want julle het ons naam sleg gemaak by die farao en by sy amptenare. Julle het hulle kwaad gemaak, en nou wil hulle ons doodmaak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hulle sê toe vir Moses en Aäron: “Die Here sien wat julle aangevang het. Mag Hy julle straf omdat julle ons name so deur die modder gesleep het by die farao en sy mense. Julle het ons nou in hulle hande uitgelewer. Hulle kan met ons maak net wat hulle wil.”