Exodus 5:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die amptenare van die kinders van Israel het gesien dat hulle in 'n slegte saak was, nadat daar gesê is: Julle mag nie iets van julle stene van julle daaglikse werk verminder nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Omdat hulle steeds elke dag dieselfde hoeveelheid stene soos vantevore moes maak, het die Israelitiese opsigters gesien dat daar groot moeilikheid kom.
Afrikaans 1933/1953 Toe sien die opsigters van die kinders van Israel dat dit sleg met hulle staan, omdat daar gesê is: Julle mag jul bakstene, volgens die eis van elke dag, nie verminder nie.
Afrikaans 1983 Toe die farao vir die Israelitiese opsigters sê dat die daaglikse kwota bakstene nie verminder gaan word nie, het hulle besef watter ramp hulle getref het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opsieners van die Israeliete sien toe dat hulle in die moeilikheid is, omdat vir hulle gesê is: “Julle mag julle bakstene, die taak vir elke dag, nie verminder nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die voormanne van die Israeliete het gesien hulle het 'n groot probleem, want hulle kon nie soveel stene maak soos voorheen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne wat oor die volk aangestel was, het toe besef dat hulle in ’n groot gemors beland het. Daar was nie ’n manier om daaruit te kom nie. Hulle sou maar moes sorg dat daar elke dag net soveel stene gemaak word soos vantevore.