Exodus 5:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar hy het gesê: Julle is ledig, julle is ledig; daarom sê julle: Laat ons gaan en aan die HERE offer.
Afrikaans (NLV) 2011 Die farao het hulle geantwoord: “Julle het lui en laks geword. Dis hoekom julle kom vra om vir die Here te gaan offer.
Afrikaans 1933/1953 Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.
Afrikaans 1983 Toe sê die farao: “Julle is lui! Lui! Dit is dié dat julle bly sê: ‘Ons wil vir die Here gaan offer.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het geantwoord: “Julle is luiaards, luiaards! Daarom sê julle, ‘Ons wil gaan; ons wil aan die Here gaan offer.’
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Maar die farao het gesê: “Julle is lui. Julle wil nie werk nie. Dit is hoekom julle aanhou sê julle wil vir die Here offers gaan bring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het vir hulle gesê: “Julle is net lui. Julle wil nie werk nie, en daarom kom julle met hierdie storie van ‘ons wil vir die Here gaan offer’.