Exodus 5:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Daar is geen strooi aan U dienaars gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak baksteen, en kyk, U dienaars word geslaan; maar die skuld is by U eie mense.
Afrikaans (NLV) 2011 Ons kry nie meer strooi nie, maar ons moet nog steeds net soveel stene maak! Ons word geslaan terwyl die fout by u mense lê.”
Afrikaans 1933/1953 Aan u dienaars word geen strooi gegee nie, en hulle sê vir ons: Maak bakstene! En kyk, u dienaars word geslaan, maar die skuld lê by u volk.
Afrikaans 1983 Daar word nie meer strooi aan ons verskaf nie, en tog bly die drywers vir ons sê: ‘Maak bakstene!’ Ons word mishandel, maar eintlik lê die fout by ú mense.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Geen strooi word vir u dienaars gegee nie, maar oor die bakstene sê hulle vir ons, ‘Maak dit!’ Kyk, u dienaars word geslaan, maar die fout lê by u mense. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy gee nie vir ons strooi nie, maar die slawe-oppassers sê vir ons: ‘Maak stene!’ Hulle slaan ons, maar dit is jóú mense wat verkeerd is.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ons en die mense wat die stene maak, kry nie meer strooi vir die werk nie. Maar u verwag dat ons nog net soveel stene moet maak soos voorheen. Die mense wat oor die werk toesig hou, word selfs geslaan. Intussen lê die skuld by u eie mense.”