Exodus 5:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die dienaars van die kinders van Israel wat Farao se amptenare oor hulle aangestel het, is geslaan en gevra: Waarom het julle nie julle taak volbring om bakstene te maak, gister sowel as vandag, soos tevore nie?
Afrikaans (NLV) 2011 Hulle het die Israelitiese opsigters geslaan en vir hulle gevra: “Hoekom het julle nie gister en vandag julle volle kwota stene gelewer nie?”
Afrikaans 1933/1953 En die opsigters van die kinders van Israel wat Farao se drywers oor hulle aangestel het, het slae gekry, met die woorde: Waarom het julle gister en vandag nie soos tevore julle bepaalde werk, om stene te maak, volbring nie?
Afrikaans 1983 Boonop het die farao se slawedrywers die Israelitiese opsigters geslaan en vir hulle gesê: “Waarom het julle nie vandag net soos vroeër dieselfde hoeveelheid stene gemaak nie?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die opsieners van die Israeliete wat die slawedrywers van die farao oor hulle aangestel het, is geslaan. “Waarom het julle nie ook vandag, soos voorheen, julle kwota bakstene gemaak nie?”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slawe-oppassers het die voormanne van die Israeliete geslaan en gesê: “Hoekom het julle nie vandag soveel stene gemaak soos voorheen nie?”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die farao het selfs die manne wat oor hulle aangestel is, laat slaan en hulle beskuldig dat hulle nie sorg dat daar net soveel stene soos altyd gemaak word nie.