Exodus 5:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Gaan haal vir jou strooi waar jy dit kan kry; maar niks van jou werk sal verminder word nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Julle moet van nou af self strooi gaan bymekaarmaak waar julle dit ook al kry. Julle moet egter net soveel stene maak soos altyd.”
Afrikaans 1933/1953 Loop haal self vir julle strooi waar julle dit kan kry; maar van julle werk word niks verminder nie.
Afrikaans 1983 Loop haal dit self waar julle dit ook al kan kry, maar aan die hoeveelheid werk word niks verminder nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gaan kry self vir julle strooi waar julle dit ook al mag vind; maar julle werk word geensins verminder nie.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet self strooi gaan soek, maar julle werk word nie minder nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Van nou af sal julle dit self moet loop soek. Dis julle saak waar julle dit in die hande gaan kry. Maar julle moet elke dag nog net soveel stene maak soos julle altyd gemaak het.”