Exodus 5:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die amptenare van die volk het uitgegaan en hulle dienaars, en hulle het met die volk gespreek en gesê: So sê Farao: Ek sal julle geen strooi gee nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die slawemeesters en hulle opsigters het die mense ingelig: “Die farao het ons opdrag gegee om op te hou om vir julle strooi te voorsien.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die drywers van die volk en die opsigters uitgegaan en tot die volk gespreek en gesê: So spreek Farao: Ek gee julle geen strooi nie.
Afrikaans 1983 Toe het die slawedrywers en die opsigters van die volk vir hulle gaan sê: “So sê die farao: Julle kry nie meer strooi nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die volk se slawedrywers en opsieners het uitgegaan en vir die volk gesê: “So sê die farao, ‘Ek gee vir julle geen strooi nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die slawe-oppassers en die voormanne het toe vir die Israeliete gaan sê: “Die farao het gesê hy sal nie meer vir julle strooi gee nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die manne wat oor hulle aangestel was, het toe vir die volk gaan sê wat die farao besluit het. “Ons gaan nie langer vir julle strooi gee om stene te maak nie.