Exodus 5:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Daarna het Moses en Aäron ingegaan en aan Farao gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Nadat hulle met die leiers gepraat het, het Moses en Aäron na die farao gegaan. Hulle sê toe vir hom: “Hoor wat sê die Here, die God van Israel: ‘Jy moet my volk toelaat om in die woestyn vir My ’n fees te gaan hou.’” |
| Afrikaans 1933/1953 | En daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het Moses en Aäron na die farao toe gegaan en gesê: “So sê die Here die God van Israel: Laat my volk gaan om tot my eer 'n fees in die woestyn te vier.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hierna het Moses en Aäron gegaan en vir die farao gesê: “So sê die Here, die God van Israel, ‘Laat my volk gaan, sodat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn. ’ ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses en Aäron het na die farao toe gegaan en hulle het vir hom gesê: “Die Here, die God van Israel, sê: ‘Jy moet my volk laat gaan sodat hulle vir My 'n fees kan vier in die woestyn.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses en Aäron het toe na die farao toe gegaan. Hulle het vir hom gesê: “Die Here is die God van Israel. Die Here sê vir jou: ‘Jy moet my volk toelaat om na die woestyn toe te gaan om daar vir My ’n fees te gaan hou.’” |