Exodus 40:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die salfolie neem en die tabernakel salf en alles wat daarin is, en jy moet dit heilig met al sy voorwerpe, en dit moet heilig wees.
Afrikaans (NLV) 2011 “Vat van die salfolie en sprinkel daarvan op die tabernakel en alles wat daarin is om dit so vir My te wy. Dit sal dan heilig wees.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy die salfolie neem, en jy moet die tabernakel salf en alles wat daarin is, en dit heilig met alles wat daarby behoort; en dit sal heilig wees.
Afrikaans 1983 Vat dan salfolie en salf die tabernakel en alles wat daarin is. Wy die tabernakel en al die toebehore. Dan sal dit gewyd wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy die salfolie neem en die tabernakel met alles wat daarin is, salf. Jy moet dit met al sy toebehore heilig, dan sal dit heilig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) “Jy moet die salf-olie neem en jy moet die tempel-tent daarmee salf. Salf ook alles wat daarin is. Wy die tent en alles wat daarby moet wees. Die tent sal dan gewy wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Vat dan van die salfolie en gooi daarvan uit oor die tent en alles wat daar binne-in is. Dra die tent en alles wat daar kom aan My op, sodat dit vir My afgesonder kan wees.