Exodus 40:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die tafel inbring en die dinge wat daarop gerangskik moet word, orden; en jy moet die kandelaar inbring en sy lampe aansteek.
Afrikaans (NLV) 2011 Bring die tafel in en sit die toebehore by die tafel neer. Bring die kandelaar in en steek sy lampies aan.
Afrikaans 1933/1953 Dan moet jy die tafel inbring en daarop regsit wat daarop behoort. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
Afrikaans 1983 “Dan moet jy die tafel inbring en sy toebehore daarop regsit. Jy moet ook die kandelaar inbring en sy lampe opsteek.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy die tafel inbring en dit wat daarop hoort, daarop rangskik. Jy moet die menora inbring en sy lampe aansteek.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet die tafel bring en alles regsit wat daarby moet wees. Jy moet ook die lampstaander bring en die lampe aansteek.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sit ook die tafel op sy plek en rangskik alles wat daarby behoort, rondom hom. Sit ook die ligstaander op sy plek en hang sy lampies op hulle plek aan die staander.