Exodus 40:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses kon nie in die tent van samekoms ingaan nie, want die wolk het daarop gebly en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel gevul.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses kon nie langer in die tabernakel kom nie, want die wolk was oor die tabernakel en die teenwoordigheid van die Here het dit gevul.
Afrikaans 1933/1953 sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
Afrikaans 1983 Moses kon nie in die tent van ontmoeting inkom nie: die wolk was daarin, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Moses kon nie in die Tent van Ontmoeting ingaan nie, omdat die wolk daaroor vertoef het en die heerlikheid van die Here die tabernakel gevul het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses kon nie ingaan in die tent waar die Here aan hulle verskyn nie, want die wolk het oor die tent gebly. Die lig wat om die Here, die Koning, is, was in die tempel-tent.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die wolk en die Here wat daar was, was so geweldig dat Moses nie eens in die tent kon ingaan nie.