Exodus 40:34 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het 'n wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel gevul.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe het die wolk afgesak en oor die tabernakel gehang. Die heerlike teenwoordigheid van die Here het die tent gevul.
Afrikaans 1933/1953 Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
Afrikaans 1983 'n Wolk het die tent van ontmoeting oordek, en die magtige teenwoordigheid van die Here het die tabernakel gevul.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die wolk het die Tent van Ontmoeting bedek en die heerlikheid van die Here het die tabernakel gevul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) 'n Wolk het gehang oor die tent waar die Here aan hulle verskyn, en die lig wat om die Here, die Koning, is wanneer Hy verskyn, was in die tempel-tent.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) ’n Wolk het afgesak en oor die tent gaan hang. ’n Mens kon voel dat God daar by die tent was.