Exodus 40:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die voorhof rondom die tabernakel en die altaar opgerig en die behangsel van die voorhofpoort opgestel. So het Moses die werk voltooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het hy die gordyn wat die binnehof rondom die tabernakel en die altaar vorm, opgehang. Hy het ook die gordyn by die ingang na die binnehof opgehang. So het Moses sy werk afgehandel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hy het ook die voorhof opgerig, rondom die tabernakel en die altaar, en die bedekking vir die poort van die voorhof opgehang. So het Moses dan die werk voltooi. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy die voorhof rondom die tabernakel en die altaar opgerig en die afskorting voor die ingang van die voorhof gehang. So het Moses sy werk afgehandel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het Moses die binneplein rondom die tabernakel en die altaar afgeskerm, en die gordyn by die ingang na die binneplein gehang. So het Moses die werk afgehandel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het die gordyne gehang om die oop stuk grond rondom die tempel-tent en die altaar, en hy het die gordyn gehang in die ingang na die oop stuk grond. So het Moses al die werk klaargemaak. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Laaste het Moses die binnehof rondom die tent en die altaar opgeslaan. Hy het ook die gordyn by die ingang na die binnehof laat hang. So het Moses gedoen wat hy moes. |