Exodus 40:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe hulle in die tent van samekoms ingaan, en toe hulle naby die altaar kom, was hulle; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Elke keer wanneer hulle by die tabernakel kom en na die altaar toe gaan, het hulle eers gewas, soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans 1933/1953 As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Elke keer as hulle by die tent van ontmoeting kom en na die altaar toe gaan, het hulle eers gewas, soos die Here vir Moses beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wanneer hulle in die Tent van Ontmoeting ingegaan het en wanneer hulle die altaar genader het, het hulle hulle afgespoel, soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) wanneer hulle gegaan het na die tent waar die Here aan hulle verskyn en ook wanneer hulle nader gegaan het na die altaar. Dit was soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wanneer hulle op pad was na die tent toe om offers op die altaar te bring, moes hulle eers hulleself daar gaan was. Dit was soos die Here vir Moses gesê het.