Exodus 40:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit en water daar gegooi om mee te was.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy die waskom tussen die tabernakel en die altaar neergesit en dit vol water gemaak sodat die priesters hulle daar kon was.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook die waskom tussen die tent van samekoms en die altaar gesit, en hy het daar water in gegooi om mee te was.
Afrikaans 1983 Hy het die waskom neergesit tussen die tent van ontmoeting en die brandofferaltaar, en waswater daarin gegooi.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe het hy die waskom tussen die Tent van Ontmoeting en die altaar neergesit, en water om mee af te spoel, daarin gegooi.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die was-skottel neergesit tussen die tent waar die Here aan hulle verskyn en die altaar. Hy het water daarin gegooi om te was.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die koperbak tussen die altaar en die tent laat sit. Dit is met water volgemaak sodat die werkers van die tent hulle daar kon gaan was.