Exodus 40:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die ark van die Getuienis daarin sit en die ark met die voorhangsel bedek.
Afrikaans (NLV) 2011 Sit die ark met die getuienis binne-in die tent. Skerm die ark af met die gordyn in die binneste heiligdom.
Afrikaans 1933/1953 En jy moet daarin plaas die ark van die Getuienis en die ark met die voorhangsel bedek.
Afrikaans 1983 Jy moet die ark met die getuienis neersit in die tent en die ark afskort met die voorhangsel.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet die ark met die Getuienis daarin plaas en die ark met die voorhangsel afskerm.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet die kis waarin die tien gebooie moet kom, in die tent neersit, agter die gordyn.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gaan sit die ark met die bewys van ons ooreenkoms op sy plek in die tent. Hang dan die gordyn voor die ark om dit van die ander deel van die tent af te skerm.