Exodus 40:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tent van samekoms gesit en die brandoffer en die spysoffer daarop gebring; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Hy het ook die altaar vir die brandoffer by die deur van die tabernakel neergesit, dit is die tent van ontmoeting, en daarop brandoffers en graanoffers aan die brand gesteek, soos die Here hom beveel het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Hy het die brandofferaltaar neergesit by die deur van die tabernakel, die tent van ontmoeting, en daarop brandoffers en graanoffers aan die brand gesteek, soos die Here hom beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die brandofferaltaar het hy by die ingang van die tabernakel, die Tent van Ontmoeting, geplaas, en die brandoffer en •graanoffer daarop gebring, soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die brandoffer-altaar neergesit by die ingang van die tempel-tent, die tent waar die Here aan hulle verskyn. Moses het op die altaar brand-offers en koring-offers gebring, soos die Here vir hom gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die altaar vir die brandoffer reg teenoor die ingang van die tent laat sit sodat hy daarop die brandoffer en die graanoffers kon bring op die manier wat die Here vir hom voorgeskryf het.