Exodus 40:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel van die deksel opgesit en die ark van die Getuienis bedek; soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe het hy die ark in die tabernakel neergesit. Hy het die gordyne voor die ark gehang om dit af te skort. Dit was presies soos die Here vir hom gesê het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Daarna het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel opgehang om die ark met die getuienis af te skort, soos die Here hom beveel het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy die ark in die tabernakel ingeneem, die voorhangsel wat dien as gordyn, opgerig, en die ark met die Getuienis afgeskerm, soos die Here Moses beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe het Moses die kis in die tempel-tent gebring en die gordyn opgehang. Die kis waarin die tien gebooie is, was toe agter die gordyn. Dit was soos die Here vir Moses gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarna het hy die ark op sy plek laat neersit. Hy het die gordyn opgehang en die ark met die bewys van God se ooreenkoms agter die gordyn toegemaak, soos die Here gesê het. |