Exodus 40:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy het die Getuienis geneem en in die ark gesit en die draaghoute aan die ark gesit en die versoendeksel bo-op die ark neergesit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hy het die kliptafels met die getuienis binne-in die ark gesit, die drapale deurgesteek en die deksel bo-op die ark gesit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Verder het hy die Getuienis geneem en dit in die ark neergelê en die draaghoute aan die kant van die ark ingesteek, en die versoendeksel het hy bo-op die ark gesit. |
| Afrikaans 1983 | Hy het die getuienis gevat en dit in die ark gesit. Hy het die draaghoute van die ark ingesteek en die deksel bo-op die ark neergesit. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe het hy die Getuienis geneem en dit in die ark geplaas. Hy het die draaghoute langs die ark ingesteek en die versoendeksel bo-op die ark neergesit. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy het die tien gebooie geneem en hy het dit in die kis gesit. Hy het die dra-pale deur die ringe gesteek en hy het die deksel op die kis gesit. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hy het die plat klippe waarop God sy ooreenkoms geskryf het in die ark gaan sit. Hy het die drastokke van die ark deur die ringe aan die kant daarvan gesteek en die deksel bo-op die ark op sy plek geskuif. |