Exodus 40:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die tent oor die tabernakel uitgesprei en die dekkleed van die tent daarbo gesit; soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans (NLV) 2011 Daarna het hy die dak oor die tent getrek en die boonste laag daar booor getrek, soos die Here beveel het.
Afrikaans 1933/1953 En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
Afrikaans 1983 Hy het die tent oor die tabernakel gesit en die seil daarbo-oor gespan, soos die Here hom beveel het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die tent oor die tabernakel gespan en die tent se bedekking daaroor getrek, soos die Here Moses beveel het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het die seil oor die tempel-tent gesit en hy het die ander seil bo-oor gesit. Dit was soos die Here vir Moses gesê het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy het die verskillende lae wat hulle vir die dak gemaak het, bo-oor die panele laat trek met die laag velle heel bo, net soos die Here gesê het hy moet maak.