Exodus 40:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En Moses het die tabernakel opgerig en sy voetstukke vasgemaak en sy style opgestel en sy grendels ingesit en sy pilare opgerig.
Afrikaans (NLV) 2011 Moses het eers die voetstukke op hulle plek gesit. Daarna het hy die houtpanele daarop neergesit en hulle met die dwarslatte aan mekaar vasgesluit.
Afrikaans 1933/1953 En Moses het die tabernakel opgerig: hy het sy voetstukke neergesit en sy style daarop gesit en sy dwarshoute vasgemaak en sy pilare opgerig.
Afrikaans 1983 Moses het dit soos volg gedoen: hy het die voetstukke neergesit, die rame regop gesit, die dwarslatte vasgesit en die style regop gesit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe Moses die tabernakel opgerig het, het hy die voetstukke neergesit en die planke vasgesit. Hy het die dwarshoute aangesit en die staanders opgerig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Moses het die tempel-tent opgeslaan: Hy het die voetstukke neergesit, die rame en die pale regop gesit en die dwarspale vasgemaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Moses het die tent opgerig deur eers die voetstukke wat onder die panele kom, in posisie te laat plaas. Die panele is daarop gesit en aan mekaar vasgesluit by die koppelpunte en met die dwarslatte wat deur die ringe kom.