Exodus 40:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet hulle salf soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan dien; want hulle salwing sal sekerlik 'n ewige priesterskap wees vir hulle geslagte.
Afrikaans (NLV) 2011 Salf hulle ook soos hulle pa en wy hulle aan My as priesters. Met hierdie salwing word Aäron en sy nageslag priesters vir altyd.”
Afrikaans 1933/1953 Salf hulle dan, soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My die priesteramp kan bedien. En hul salwing moet vir hulle 'n ewige priesterskap in hulle geslagte wees.
Afrikaans 1983 Jy moet hulle salf soos jy hulle pa gesalf het sodat ook húlle vir My as priesters kan diens doen. Hulle salwing dui aan dat hulle en hulle nageslag vir altyd as priesters sal moet diens doen.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Dan moet jy hulle salf soos jy hulle vader gesalf het, dat hulle vir My as priesters kan optree. Hulle salwing moet vir hulle as 'n ewige priesterskap geld deur hulle geslagte heen.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salf hulle dan soos jy hulle pa gesalf het, sodat hulle my priesters kan wees. Jy moet hulle salf, dan sal hulle en hulle nageslag altyd my priesters wees.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gooi op dieselfde manier olie op elkeen van hulle se kop sodat hulle ook my priesters kan wees wat by die tent vir My werk. Wanneer jy hulle vir hulle werk aanstel, sal hulle en hulle nakomelinge vir altyd my priesters wees.”