Exodus 40:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet Aäron die heilige klere aantrek en hom salf en hom heilig; dat hy my in die priesteramp kan bedien.
Afrikaans (NLV) 2011 Trek vir Aäron sy spesiale klere aan en salf hom. Wy hom aan My sodat hy My as priester kan dien.
Afrikaans 1933/1953 Trek Aäron dan die heilige klere aan; en salf hom en heilig hom, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.
Afrikaans 1983 Laat Aäron dan die gewyde klere aantrek; salf en wy hom sodat hy vir My as priester kan diens doen.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trek dan vir Aäron die heilige klere aan, salf hom en heilig hom, sodat hy vir My as priester kan optree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy moet vir Aäron die gewyde klere aantrek. Dan moet jy hom salf en hom wy, sodat hy my priester kan wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Trek vir Aäron die klere aan wat hy by die tent moet dra. Gooi olie op sy kop uit en stel hom aan in sy werk sodat hy my priester kan wees.