Exodus 40:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En jy moet die brandofferaltaar en al sy voorwerpe salf en die altaar heilig, en dit moet 'n hoogheilige altaar wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Sprinkel ook van die salfolie oor die brandofferaltaar en al sy bybehore om dit te heilig. Die altaar sal dan ook aan My gewy wees.
Afrikaans 1933/1953 Jy moet ook die brandofferaltaar salf met al sy gereedskap, en jy moet die altaar heilig, en die altaar sal hoogheilig wees.
Afrikaans 1983 “Salf die brandofferaltaar en al sy toebehore. Jy moet die altaar ook wy: dit moet 'n gewyde altaar wees.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Jy moet ook die brandofferaltaar met al sy toebehore salf. Jy moet die altaar heilig, dan sal dit besonder heilig wees.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Salf ook die brandoffer-altaar en alles wat daarby moet wees. Jy moet die altaar wy, dan sal dit hoog-gewy wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gooi ook salfolie oor die brandofferaltaar uit en oor alles wat daarby hoort. Dra die altaar aan My op, sodat dit uitsluitlik aan My gewy kan wees.