Exodus 4:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, moet jy van die water van die rivier neem en dit op die droë grond uitgiet en die waters wat jy weggevoer het, van die rivier sal bloed word op die droë grond.
Afrikaans (NLV) 2011 “As hulle ná hierdie twee tekens nog steeds nie oortuig is om jou woord te aanvaar nie, moet jy water uit die Nylrivier skep en dit op die grond uitgooi. Dit sal in bloed verander.”
Afrikaans 1933/1953 En as hulle ook hierdie twee tekens nie glo en na jou stem nie luister nie, neem dan van die Nyl se water en giet dit op die droë grond uit; dan sal die water wat jy uit die Nyl neem, op die droë grond bloed word.
Afrikaans 1983 “As hulle jou ná hierdie twee wonderwerke nog nie glo nie en nie na jou luister nie, moet jy van die Nyl se water vat en op die grond uitgooi. Die water wat jy uit die Nyl gevat het, sal dan op die grond bloed word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) As dit dalk gebeur dat hulle selfs hierdie twee tekens nie glo nie, en nie na jou stem luister nie, skep dan van die Nyl se water en gooi dit uit op die droë grond. Die water wat jy uit die Nyl geskep het, sal bloed word op die droë grond.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) As hulle ná hierdie twee tekens nog nie glo nie en nie na jou luister nie, dan moet jy van die water van die Nyl-rivier neem en jy moet dit op die grond uitgooi. Die water wat jy op die grond gooi, sal in bloed verander.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle selfs na die tweede teken weier om jou te glo en nog steeds nie jou woord wil aanvaar nie, moet jy water uit die Nyl skep en dit op die droë grond uitgooi. Dit sal op die grond in bloed verander.”