Exodus 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy steek weer sy hand in sy boesem; en hy het dit uit sy boesem geruk, en kyk, dit het verander soos sy ander vlees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Sit nou weer jou hand onder jou klere in,” sê die Here vir hom. Toe hy sy hand uithaal, was dit so gesond soos die res van sy lyf. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy sê: Steek jou hand weer in jou boesem. En hy het sy hand weer in sy boesem gesteek; en toe hy dit uit sy boesem uittrek, was dit weer soos sy ander vlees! |
| Afrikaans 1983 | Hierna sê die Here: “Steek nou weer jou hand in jou klere.” Hy steek toe weer sy hand in en toe hy dit uittrek, was dit gesond. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê die Here: “Steek jou hand weer in die vou van jou kleed.” Hy het weer sy hand in die vou gesteek, en toe hy dit uit die vou uittrek, was dit weer soos die res van sy liggaam! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here sê toe vir hom: “Sit weer jou hand voor in jou klere.” Moses het dit gedoen, en toe hy sy hand uit sy klere haal, was dit gesond, soos sy hele liggaam. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê toe: “Steek weer jou hand in jou klere.” Toe hy dit doen en sy hand weer uittrek, was sy vel soos dit voor die tyd was. |