Exodus 4:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Hulle sal hierdie teken glo,” het die Here vir hom gesê. “Dit sal hulle oortuig dat jy die Here, die God van hulle voorouers — die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob — ontmoet het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê die Here: “Op grond hiervan sal hulle glo dat die Here die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Dit is sodat hulle kan glo dat die Here, die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak, die God van Jakob, aan jou verskyn het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Jy moet dit weer doen as jy by die Israeliete kom, sodat hulle kan glo dat die Here aan jou verskyn het. Ek is die God van hulle voorvaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here sê: “Hierdie teken sal hulle oortuig dat jy regtig die Here, die God van hulle voorouers, die God van Abraham, Isak en Jakob, ontmoet het.” |