Exodus 4:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En die volk het geglo, en toe hulle hoor dat die HERE die kinders van Israel besoek het en dat Hy hulle ellende gesien het, het hulle hul hoofde gebuig en aanbid. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die leiers was dadelik oortuig dat die Here Moses en Aäron gestuur het. Hulle het almal hulle koppe gebuig en op hulle knieë gegaan toe hulle hoor dat die Here bekommerd is oor Israel en hulle ellende raakgesien het. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig. |
| Afrikaans 1983 | Hulle het hom geglo. Toe hulle hoor dat die Here die nood van die Israeliete gesien het en Hom hulle lot aangetrek het, het hulle in aanbidding gebuig. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | en die volk het geglo. Toe hulle hoor dat die Here aandag gee aan die Israeliete en dat Hy hulle ellende raakgesien het, het hulle gekniel en in aanbidding gebuig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die leiers het dit geglo. Hulle het gehoor dat die Here gedink het aan die Israeliete en dat Hy jammer is vir hulle. Toe het hulle gekniel en gebid. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die volk het hulle toe geglo. Toe hulle hoor dat die Here die Israeliete gaan help omdat Hy hulle nood raakgesien het, het hulle op hulle knieë geval en tot die Here gebid. |