Exodus 4:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Gooi dit op die grond. En hy het dit op die grond gegooi, en dit het 'n slang geword; en Moses het voor dit gevlug.
Afrikaans (NLV) 2011 “Gooi dit op die grond neer,” het die Here vir hom gesê. Hy gooi dit toe op die grond en dit het ’n slang geword. Moses het geskrik en hy wou daarvan weghardloop.
Afrikaans 1933/1953 En Hy sê: Gooi dit op die grond. Toe gooi hy dit op die grond, en dit het 'n slang geword; en Moses het daarvoor gevlug.
Afrikaans 1983 “Gooi die kierie op die grond!” sê die Here vir hom. Toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang, en Moses het daarvoor padgegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die Here sê: “Gooi dit op die grond!” En toe hy dit op die grond gooi, word dit 'n slang! Moses het daarvoor teruggedeins.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here sê toe vir hom: “Gooi dit op die grond.” Moses het die kierie op die grond gegooi, en die kierie het in 'n slang verander. Moses het weggespring van die slang.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here sê toe: “Gooi dit op die grond neer.” Toe Moses dit op die grond gooi, verander dit in ’n slang. Moses wou weghardloop,