Exodus 4:28 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het Moses vir Aäron al die woorde van die HERE vertel wat hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het vir Aäron alles vertel van die opdrag wat die Here hom gegee het en die tekens wat hy moes doen. |
| Afrikaans 1933/1953 | Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van die HERE waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het. |
| Afrikaans 1983 | Moses vertel toe vir Aäron van alles waarvoor die Here hom gestuur het, ook van al die tekens wat Hy hom beveel het om te doen. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses het Aäron ingelig oor al die woorde van die Here, wat hom gestuur het, en oor al die tekens wat Hy hom beveel het. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het vir Aäron alles vertel wat die Here vir hom gesê het om te doen. Hy het vir hom ook vertel van al die tekens wat hy moes doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses vertel toe vir Aäron alles, van hoe die Here hom gestuur het en die wondertekens wat Hy hom gegee het om te doen. |