Exodus 4:26 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het hy hom laat gaan; toe sê sy: 'n Bloedman is jy vanweë die besnydenis. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | (Toe sy Moses ’n “bruidegom wat met bloed beskerm word” genoem het, het sy na die besnydenis verwys.) Die Here het hom hierna met rus gelaat. |
| Afrikaans 1933/1953 | En Hy het hom laat staan. Toe het sy gesê: Bloedbruidegom! -- met die oog op die besnydenis. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het Moses met rus gelaat net toe sy sê: “bruidegom wat deur bloed beskerm word.” Dit het betrekking op die besnydenis. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het hom toe met rus gelaat. Dit is toe dat sy “bloedbruidegom” gesê het, met verwysing na die besnydenis. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sy dit sê, het die Here vir Moses gelos en Hy het Moses nie doodgemaak nie. Sippora het gedink aan die besnydenis toe sy dit gesê het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sy sê “bruidegom wat met bloed beskerm word” het sy na die besnydenis verwys. Die Here het Moses toe laat staan. |