Exodus 4:21 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die HERE vir Moses: As jy gaan om na Egipte terug te keer, sorg dat jy al daardie wonders doen voor Farao wat Ek in jou hand gegee het; maar Ek sal sy hart verhard, dat hy die volk nie sal laat trek nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here het weer vir Moses gesê: “Wanneer jy terug is in Egipte, moet jy na die farao toe gaan. Doen dan die tekens wat Ek jou geleer het. Ek sal hom hardkoppig maak. Hy sal weier om die volk te laat trek. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Âk sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie. |
| Afrikaans 1983 | Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan Egipte toe, moet jy sorg dat jy al die wonderwerke waartoe Ek jou in staat gestel het, voor die farao doen. Maar Ek sal hom hardkoppig maak, en hy sal die volk nie laat gaan nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan na Egipte, sien toe dat jy al die tekens waartoe Ek jou in staat stel, voor die farao doen. Maar Ek sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here het vir Moses gesê: “Wanneer jy teruggaan na Egipte, dan moet jy voor die farao al die tekens doen wat Ek vir jou geleer het. Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, en hy sal julle nie laat gaan nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here het vir Moses ’n opdrag gegee: “Wanneer jy terug is in Egipte, moet jy na die farao van die land toe gaan. Jy moet voor hom al die wondertekens doen wat Ek vir jou gegee het om te doen. Ek sal die farao egter hardkoppig maak. Hy sal weier om die volk te laat trek. |