Exodus 4:20 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe neem Moses sy vrou en sy seuns en sit hulle op 'n esel, en hy het na Egipteland teruggekeer; en Moses het die staf van God in sy hand geneem. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het toe sy vrou en seuns bymekaargekry, hulle op ’n donkie laat klim en die reis terug na Egipte toe begin. Hy het die herderstok, waaroor God met hom gepraat het, in sy hand gehou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moses neem toe sy vrou en sy seuns en laat hulle op 'n esel ry, terug na Egipteland. Moses het ook die staf van God in sy hand geneem. |
| Afrikaans 1983 | Toe is Moses met sy vrou en kinders na Egipte toe. Hy het sy vrou en kinders op 'n donkie laat ry en die kierie wat God hom gegee het, saamgevat. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moses neem toe sy vrou en sy seuns, sit hulle op 'n donkie en gaan terug na Egipteland. Moses het die staf van God in sy hand gehad. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Moses het sy vrou en sy seuns geneem en hy het hulle op 'n donkie laat ry. Hulle het teruggegaan na Egipte. Moses het die kierie saamgeneem waarmee hy die tekens van God moes doen. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moses het sy vrou en sy seun bymekaargemaak. Hulle is op donkies daar weg, terug Egipte toe. Hy het die stok waaroor God met hom gepraat het, in sy hand vasgehou. |