Exodus 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die HERE vir hom: Wie het die mond van die mens gemaak? of wie maak die stomme of die dowe of die siende of die blinde? het Ek nie die HERE nie?
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie gee vir die mens ’n mond?” vra die Here hom. “Wie maak mense stom of doof? Wie laat hulle sien of maak hulle blind? Is dit nie maar net Ek, die Here, nie?
Afrikaans 1933/1953 En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
Afrikaans 1983 Daarna sê die Here vir hom: “Wie het aan die mens 'n mond gegee? Wie maak stom of doof of siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Daarop sê die Here vir hom: “Wie het 'n mond vir die mens beskik, en wie maak stom of doof, siende of blind? Is dit nie Ek, die Here, nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die Here het vir hom gesê: “Wie het vir die mens 'n mond gegee? Wie maak 'n mens stom of doof? Wie laat hom sien of nie sien nie? Dit is Ek, die Here.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie,” vra die Here hom toe, “dink jy maak dit vir mense moontlik om te praat? Wat maak dat party mense stom en ander doof is, dat party blind is en ander weer kan sien? Is dit nie Ek, die Here, nie?