Exodus 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Moses vir die HERE: Ag, my Meester, ek is nie welsprekend nie, ook nie tevore of vandat U met U kneg gespreek het nie; maar ek is traag van spraak en 'n stadige tong. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Moses het by die Here gepleit: “Ag, Here,ek is nie goed met my mond nie. Ek was nog nooit iemand wat goed kon praat nie. Selfs waar U nou hier met my praat, haak my tong vas.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie -- van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. |
| Afrikaans 1983 | Toe sê Moses vir die Here: “Ag, Here, ek kan nie goed praat nie; ek kon nie vroeër nie en ek kan ook nie nou, hier waar U met my praat nie. Ek praat swaar, en my tong sukkel.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar Moses het vir die Here gesê: “Asseblief, my Heer! Ek is nie 'n man van woorde nie, nie in die verlede nie, en ook nie vandat U met u dienskneg gepraat het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. ” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar Moses het vir die Here gesê: “Asseblief, Here, ek kan nie goed praat nie. Ek kon nog nooit goed praat nie. Ek kan ook nie beter praat nadat U met my gepraat het nie. Ek praat swaar, my tong sukkel om te praat.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | “Verskoon my, Here,” sê Moses toe vir die Here, “ek was nog nooit goed met woorde nie. Selfs hier waar ons met mekaar praat haak my tong vas as ek iets moet sê.” |