Exodus 39:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy het die borstas gemaak van listige werk, soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Afrikaans (NLV) 2011 Die sak wat voor die bors kom, is op dieselfde manier as die skouerkleed gemaak. Dit was van fyn linne waarop gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol geborduur is.
Afrikaans 1933/1953 Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Afrikaans 1983 Hulle het ook 'n borssak uitgeborduur soos die skouerkleed, die werk van 'n vakman, gemaak van gouddraad, blou, pers en bloedrooi wolstof en goed geweefde linne.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy het die borstas met gouddraad, pers, purperrooi en karmosynrooi wol en fyn dubbeldraadlinne op dieselfde manier as die efod gemaak – met die kundigheid van 'n vakman.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die kleremakers het 'n borssak gemaak op dieselfde manier as die skouer-kleed. Hulle het goud gebruik, en ook blou, pers en rooi wol-materiaal en goeie linne-materiaal.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die sak wat voor die bors kom, was ’n kunswerk. Hulle het dit net soos die deel wat oor die skouers kom, van geweefde linne gemaak wat met gouddraad en blou en pers en bloedrooi wol geborduur is.